Kiesieblaaragtiges

Kiesieblaaragtiges
Alcea setosa
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Divisie:
Klas:
Subklas:
Orde:
Malvales

Dumort., 1829
Familie
Sinonieme
  • Cistales
  • Thymelaeales

Die plantorde kiesieblaaragtiges (Malvales) is genoem na die kiesieblaar (Malva parviflora), 'n bekende onkruid in Suid-Afrika wat in die volksgeneeskunde teen allerlei kwale gebruik is. Die orde is in drie families verdeel, naamlik kiesieblare (Malvaceae), linde (Tiliaceae) en kakaobome (Sterculiaceae), wat saam 'n wye verskeidenheid plante soos bome en struike, nywerheidsgewasse en tuinblomme insluit.

Die plantorde Kiesieblaaragtiges (Malvales of Columniferae) het sy naam te danke aan die volksnaam vir die blom Malva parviflora, wat in Nederlands kaasjeskruid genoem word omdat die vrugte soos klein, plat kasies lyk. Die Afrikaanse naam het ontstaan uit 'n vervorming van kaasjesblaar tot keesjesblaar en vandaar tot kiesieblaar. Naas kiesieblaar is daar in Afrikaans nog verskeie ander name vir hierdie plant, soos byvoorbeeld kasie(s)blaar, kesieblaar, kessieblaar of brood-en-botter.

Drie plantfamilies behoort tot die kiesieblaaragtiges, naamlik die lindefamilie (Tiliaceae), die kiesieblaarfamilie (Malvaceae) en die kakaoboomfamilie (Sterculiaceae). Dit is almal bome, struike of kruide met enkelvoudige blare wat dikwels in twee rye langs die stingel gerangskik is. Die blomme is reëlmatig en binne die kroonblare kom gewoonlik twee kranse meeldrade voor, maar by die meeste spesies is die buitenste krans afwesig of bestaan dit uit onvrugbare meeldrade. Die vrugbare meeldrade is dikwels vertak en die helmdrade is met mekaar vergroei. Hierdie eienskap het tot die ouer Latynse naam Columniferae aanleiding gegee aangesien die vergroeide meeldrade 'n klein suil (Latyn: columna) in die middel van die blom vorm.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy